Ugandese man kan doodstraf kry oor homoseksuele verhouding

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: LGBT-gemeenskap word aangeval in Uganda

SOROTI, UGANDA. – ‘n Ugandese man (20) kan die doodstraf opgelê word na hy aangekla is van ‘n seksuele verhouding met ‘n ander man. Hy is die eerste persoon wat verhoor word vandat Uganda se nuwe anti-LGBTQ-wetvan krag is.

Die man is op 18 Augustus aangekla van onwettige seksuele omgang met nog ‘n man (41). Hy bly in aanhouding en sal weer binnekort in die hof verskyn.

Sy prokureur het aan Reuters gesê vier mense is onder dieselfde wet aangekla, maar haar kliënt is die enigste een wat verhoor word.

Bronne: IOL, ECR, BBC

Lees ook: LGBT-gemeenskap word aangeval in Uganda