THOHOYANDOU, LIMPOPO. – ‘n Tienermeisie (15) is Maandag 28 Augustus in die Vhembe-distrik vir die beweerde besit van twee ongelisensieerde vuurwapens in hegtenis geneem.
Kol. Malesela Ledwaba sê polisielede het op ‘n wenk reageer waarna die verdagte tienermeisie glo genader, deursoek en met die twee wapens in haar besit betrap is. Nadat sy ook nie kon verduidelik waar sy dit gekry het nie, is sy dadelik in hegtenis geneem.
Ledwaba sê met voorlopige ondersoek is vasgestel die vuurwapens behoort aan die verdagte se kêrel wat gedurende Augustus vir die beweerde besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, poging tot moord en huisroof wat in die polisiëringsarea gepleeg is, in hegtenis geneem is.
Die verdagte sal na verwagting in die gespesialiseerde kinderhof in Thohoyandou-landdroshof verskyn vir die aanklag van besit van ongelisensieerde vuuwrapens.
Die polisie se ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



