Jong man ‘doodgeslaan’ – ma vra vir getuies om na vore te kom na borg toegestaan is

Deel hierdie storie / Share this story

MOUNTAIN VIEW, PRETORIA. – Celvin Seaborne (21) is glo Saterdag 9 September 2023 om 04:50 tydens ‘n argument wat hy wou help opbreek by ‘n BP-vulstasie op die hoek van Charl Cilliers- en Karel Trichardtstraat in Mountain View doodgeslaan.

Gerhard van der Merwe (27) het intussen vir die voorval in die hof verskyn, waartydens hy volgens Charlotte Seaborne borg ontvang het en weer op 15 November in die hof moet verskyn.

Charlotte Seaborne, Celvin se ma, het intussen gevra vir ooggetuies wat daardie aand gesien en gehoor het wat gebeur het om na vore te kom en verklarings by die Hercules-polisiestasie of by die prokureur, Elzabe Brink, by 083 254 7346, af te lê.

Sy wil hê al die skuldiges moet boet en nie net een nie.

“Vir my gaan dit nie of jy of enige iemand anders dronk was of nie, dit gaan nie oor die omstandighede hoe my seun sy lewe verloor het nie eindlik WIL ek dit NIE weet nie…vir my gaan dit HULLE loop daar buite rond, en my seun sal nooit weer daai geleentheid hê nie. HULLE families wag vir hul vanaand om huis toe te kom, vir wie moet ons wag? Vir my gaan dit dat geregtigheid moet geskied en ALMAL moet boet nie net een nie.”

Sy het verder in plasings herinner die ondersoek sal sy gang gaan en geregtigheid sal geskied. Seaborne waarsku verder weer mense moenie hulle ore vir hoorsê uitleen nie, maar indien iemand iets weet, moet hy of sy na vore kom.

“Ek wil van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê vir elke oproep, elke whatsapp, elke boodskap op fb…ek sien elkeen raak ek kan ongelukkig net nie op elkeen reageer nie. Mense reg oor die land wat ek nie ken nie, wil saam staan en geregtigheid sien geskied….ek waardeer elkeen van julle…en ek glo my seun kyk van bo af en kan nie glo dat daar so baie mense bankvas agter hom staan nie….DANKIE VIR ELKE LIEWE PERSOON”

AO Johan van Dyk het aan FiND iT bevestig ‘n saak van moord word deur die Hercules-polisiestasie ondersoek.

Na bewering was die oorledene en sy meisie saam. Daar het glo ‘n argument tussen die meisie en insittendes van ‘n wit voertuig uitgebreek. Volgens Van Dyk is daar ‘n video-opname en getuies van die voorval toe Seaborne uit die voertuig geklim het en ‘n aanranding kon afweer. ‘n Geveg het glo aan die ander kant van die motor uitgebreek waar hy probeer het om die bakleiery te stop.

Die verdagte het hom na bewering aangerand, waarna hy op die grond geval en op die toneel dood verklaar is. Die verdagte is daarna in hegtenis geneem en het in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel