Mej. Veltieland: ontmoet Karlien Rossouw

Deel hierdie storie / Share this story

Die Mej. Veltieland kompetisie van Hoërskool Duineveld is ‘n skouspelagtige viering van skoonheid, selfvertroue en die unieke persoonlikhede van die 10 finaliste.

Lees meer oor Mej. Veltieland hier.

Een van die finaliste in hierdie jaar se kompetisie is die energieke en inspirerende Karlien Rossouw.

Karlien bly in die week op Upington en gaan naweke en vakansies plaas toe, ’n paar km buite Askham.

“Mense sal my beskryf as ‘n tipiese ‘go-getter’ en ek staan nie sommer terug om by skoolaktiwiteite betrokke te raak nie. Mens kan dit seker beskryf as ‘FOMO’ (fear of missing out). Ek hou daarvan om altyd aan alles deel te neem of betrokke te wees, want jy weet nooit jy kan bereik as jy nie probeer nie. Ek het ingeskryf vir mej. Veltieland, want ek ‘n kans gevat en my beste gegee.”

Karlien sê sy sien die kompetisie as ‘n geleentheid om nuwe vaardighede te ontwikkel en haar selfvertroue op te bou. Een van die dinge wat sy graag wil bereik, is om meer gemaklik voor ‘n groep mense te wees.

Karlien het ‘n besondere benadering tot sosiale media. Alhoewel sy nie gereeld plasings opsit nie nie, het sy onlangs begin om die projekte en funksies van Mej. Veltieland te adverteer.

Vir haar is dit belangrik dat ‘n Mej. Veltieland finalis ‘n positiewe invloed op sosiale media moet hê. Sy wil ‘n voorbeeld stel deur positiewe boodskappe te versprei en ander aan te moedig om selfversekerd te wees.

“As ek die woord selfvertroue hoor, dink ek dadelik aan die gesegde: ‘kannie is dood van kruiwa stoot’. Vir my is selfvertroue wanneer jy nie net dink jy kan nie, maar dit met jou hele hart glo. Dit is hoe jou ingesteldheid is.
Ek het my selfvertroue deur die jare opgebou deur ‘n kopskuif te maak en meer positief te dink; jy word dit wat jy dink. My selfvertroue het ook opgebou deur my twee beste vriendinne, waarvoor ek so ongelooflik dankbaar is, hulle het my die afgelope jare bygestaan en gemotiveer.”

Karlien sê tieners se grootste uitdaging is aanvaarding. “Daar word soveel standaarde voorgeskryf aan tieners, dit is asof hulle in boksies geplaas word. As gevolg van die inperking rebelleer tieners om uit hierdie konsep te ontsnap, soms kan tieners ongeskik of bot wees om hulle eie menswees te ontdek. Elkeen is uniek en daar is nie ‘n ‘ideale’ kind nie.”

Na skool hoop sy om universiteit toe te gaan. Sy het reeds begin navorsing doen en skaduwerk doen om uit te vind wat sy graag wil doen.

Een van die hoogtepunte van die Mej. Veltieland kompetisie wat Karlien die meeste opgewonde maak, is die groot Gala Aand. Sy het vertel hoe sy en die ander finaliste hard werk om hierdie aand spesiaal te maak, en dat hulle gereeld raad van mekaar vra. Haar voorbereiding sluit die ontwerp van pragtige kostuums in, waarvoor sy dankbaar is vir die inspirasie wat sy op die internet vind. Haar rok word deur Mari-Leen Bauermeister ontwerp.

Volg Karlien hier op Instagram.

Baie sterkte, Karlien!

Ontmoet die finaliste:

Mej. Veltieland: ontmoet Lizelle Human

Mej. Veltieland: ontmoet Karlien Rossouw

Mej. Veltieland: ontmoet Marie Alberts

Mej. Veltieland: Ontmoet Dané Naudé

Mej. Veltieland: Ontmoet Mari Human

Mej. Veltieland: Ontmoet Romé Swart