Plaasaanvallers kom weg met moord: Só lyk die syfers

Deel hierdie storie / Share this story

AfriForum stel môre (12 September) ’n verslag bekend wat die werklikheid van die patetiese vervolgingskoers van plaasaanvalle en -moorde ontbloot. Dié verslag het die arrestasie- en vervolgingskoers van alle plaasaanvalle en plaasmoordinsidente wat vanaf 2019 tot 2022 deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangemeld is, ontleed.

Die verslag onthul onder meer besonderhede rakende die provinsies wat die vrotste prestasierekord ten opsigte van die arrestasie en vervolging van plaasaanvallers het. Voorts bied dit ook ’n ontleding van die nasionaliteite van gearresteerde en suksesvol vervolgde aanvallers.

Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, toon dié verslag dat die SAPD en die strafregstelsel slagoffers van plaasaanvalle geheel en al in die steek laat. “Die SAPD se beloftes van verbeterde misdaadondersoeke en meer skuldigbevindings vir alle misdade wat in landelike gebiede gepleeg word, wat uiteraard plaasaanvalle en -moorde insluit, het niks opgelewer nie,” verduidelik Broodryk.

*PERSVERKLARING

Lees ook: Man oorboord “gestamp” na hy laat by skip aankom