Ford-aanleg verloor produksie van 720 voertuie na kragmas omval

Deel hierdie storie / Share this story

Die Ford-aanleg in Pretoria is swaar getref deur die ineenstorting van die Pretoriase kragmas en verloor tans produksie van 720 voertuie per dag. Neale Hill, president van Ford Motor Company Africa, sê aan ENCA op ‘n normale dag vervaardig Ford ongeveer 720 VW Ford Rangers en Amarok, wat ongeveer R464 170 896 beloop.

Die verlies aan krag het ’n volle dag van produksieverlies veroorsaak en raak vandag steeds die aanleg, met onsekerheid oor wanneer krag herstel sal word.

Die onderbreking het ook ander besighede en inwoners in die Noorde en Ooste van Pretoria geraak.

Neale Hill, president van Ford Motor Company Africa, sê die onderbreking is ‘n “groot slag” en sal ‘n uitwerking op Ford se verskaffers landwyd hê. Hill sê dit kan moontlik tot middel volgende week neem vir hulle produksie om op datum te kom – mits hulle elektrisiteit het.

Kyk Hill se onderhoud met ENCA hier:

Cilliers Brink, burgemeester van die stad Tshwane, het bevestig dat misdaad ‘n rol gespeel het in die ineenstorting van minstens drie kragmaste.

Ford het meer as R15.8 miljard in sy nuut opgegradeerde Silverton-aanleg belê, waar sy volgende generasie Ranger- en Everest-voertuie vervaardig word.

Die belegging in die aanleg het meegebring dat die fasiliteit tot 44 000 vierkante meter uitgebrei is. Dit spog met meer as 400 robotte en ‘n nuwe hoëtegnologie-stempelaanleg, wat gebruik word om metaalplate in spesifieke vorms te vervaardig wat die liggaam van ‘n motor uitmaak.

Met robotte wat die meeste van die werk doen kan Ford meer as 700 voertuie per dag produseer.

Die jaarlikse kapasiteit van die aanleg is verhoog tot 200 000 voertuie vanaf 168 000 voorheen

Die herstel van die elektrisiteit kon nog nie bevestig word nie.

Die 132kv-kraglyne het Sondagaand omstreeks 21:00 op die N4-snelweg geval wat gelei het tot ‘n kragonderbreking wat groot dele van Pretoria-Oos en Noord geraak het. Die stad het 300 megawatt krag verloor ná die voorval.

Minstens sewe kraglynstrukture het ineengestort en is erg beskadig. Verdere ondersoeke deur die Stad het bevind dat drie kragmaste gevandaliseer is, wat veroorsaak het dat die kraglyne ineengestort en op die pad geval het.

Lees ook: Kyk opvolg: Situasie met elektrisiteitsmaste op N4 volgens mylpale hanteer, Kyk: Sewe kragmaste vanuit lug, Stad Tshwane werk om krag na hierdie gebiede te herstel, Kyk: Tshwane-burgemeester praat vanaf N4 waar elektrisiteitsmaste omgeval het, Twee beseer na elektrisiteitsmaste op hoofweg omval