
Cilliers Brink, burgemeester van die stad Tshwane, het die toneel besoek waar die hoogspanningselektrisiteitsmaste gisteraand omgeval het.
‘n Groot gedeelte in die ooste van Pretoria is sedertdien sonder krag en daar is nog nie ‘n tyd aan die herstel gekoppel nie.
Op die video kan duidelik gesien word hoe die elektrisiteitskabels dwarsoor die N4 Hoofweg loop. Beide bane is vir verkeer gesluit.
Daar was gisteraand ‘n hewige stormwind waartydens die maste omgeval het.
Twee persone is beseer toe verskeie voertuie tydens die insident in ‘n ongeluk betrokke was.
Brink sê deel van die huidige probleem kan ook weens moontlike diefstal van dele van die maste wees.
Die situasie is ernstig.
Die roete moet steeds vermy word terwyl daar met Eskom onderhandel word om so gou doenlik die probleem te probeer herstel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



