‘n Motorongeluk op 9 April 2023 op die hoofweg in Pretoria was waarskynlik die gevolg van hoogspanningsmaste wat deur ‘n stormwind omgewaai is.
Pro Med EMS het hulle na die toneel gehaas waar hulle gevind het dat verskeie hoogspanningmaste omgeval en die kabels laag oor die hoofweg hang. Dit het waarskynlik tot ‘n ongeluk tussen verskeie voertuie gelei.
Twee persone is tydens die ongeluk beseer en is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.
Daar word geglo ‘n storm in die area gepaardgaande met sterk wind het bygedra dat die strukture omgeval het.
Groot dele van Pretoria sal sonder krag moet klaarkom totdat die situasie beredder is.
Die N4 hoofweg aan beide kante van Simon Vermooten-en die Solomon Mahlangopad was vir verkeer gesluit.
Tshwane-nooddienste en -elektrisiteitsdepartement het die toneel oorgeneem wat die skoonmaak en herstel betref.
Die N4 is tot verdere kennisgewing gesluit.
Gé Breytenbach, DA-raadslid, het die volgende verklaring vrygestel:
The 132kV power lines connecting Njala substation through to Waltloo have collapsed around 21:00 on the evening of Sunday 9, April 2023. The powerlines fell onto the N4 highway totally blocking traffic between Solomon Mahlangu and Simon Vermooten off-ramps. The energy and electricity team has done preliminary assessment on the incident and found that at least six powerline structures (tours) have collapsed and are badly damaged. Due to the bad weather, the team will reconvene in the morning to perform further assessment, and map the way forward including re-opening the N4 highway. The following high voltage substations will remain off, i.e. Pumulani, Pyramid, Koedoespoort, Waltloo, Mamelodi 1-3, Heartherley, Mooikloof, Wapadrand. Further update will follow tomorrow morning.
Kind regards
Cllr Gé Breytenbach
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



