KWAZULU-NATAL. – Boer Garth Millen Simpson (68) gaan vandag wéér in die hof verskyn nadat sy borgtogaansoek ‘n week gelede uitgestel was.
Hy sal in die Glencoe-landdroshof verskyn. Simpson word van moord asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie aangekla. Die boer is in hegtenis geneem nadat ‘n 17-jarige tydens ‘n struweling doodgeskiet is. Die voorval is op video vasgelê. (Klik hier.)
Die boer het vir die eerste keer op 6 Oktober in die hof verskyn en is sedert sy inhegtenisneming in aanhouding.
LEES OOK: Boer Garth nóg ‘n week agter tralies na skietery op plaas
LEES OOK: Video waarin boer glo 17-jarige doodgeskiet, versprei soos veldbrand
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



