SKERMGREPE: 17-jarige deur boer doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ’n Video waarin ’n boer ’n  17-jarige op sy plaas doodgeskiet het, is sedert sy inhegtenisneming onder Suid-Afrikaners versprei. Die 68-jarige boer is sedert verlede week Donderdag agter tralies.    

WAARSKUWING: Foto’s in hierdie berig mag dalk sensitiewe lesers ontsteld.

Die volgende is skermgrepe uit die video van die voorval wat in FiNDiT se besit is:

Dit lyk asof daar eers ‘n woordewisseling tussen die groep en die boer ontstaan waarna ‘n bakleiery uitbreek. ‘n Skoot, na bewering ‘n waarskuwingskoot, word dan gehoor.

Tydens die bakleiery wil dit voorkom asof die mans na die boer se vuurwapen, wat hy sedert die begin van die video vashou, gryp. In die video kan ‘n tweede skoot wat afgaan, gehoor word. Een van die groeplede val dan op die grond neer.

LEES OOK: Video waarin boer glo 17-jarige doodgeskiet, versprei soos veldbrand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.