George-tienerseun se liggaam in ouerhuis gekry

Deel hierdie storie / Share this story

GEORGE. – Die 14-jarige Vivian Engelbrecht se liggaam is omstreeks 20:50 Vrydagaand in sy ouerhuis op George gekry.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig die George-polisie het dié tyd Vrydagaand ‘n saak oopgemaak ná Vivian se liggaam in die gang van die huis gekry is.

“Inligting beskikbaar dui daarop dat die seun se liggaam met ‘n handdoek om sy nek in die gang van die huis gekry is. Hy is later deur paramedici op die toneel dood verklaar.”

Volgens sers. Spies word geen vuilspel vermoed nie.

Sharon Engelbrecht, Vivian se ma, het op Facebook ‘n boodskap gedeel.

“Vivian, mamma het nie woorde nie. Jy het so met ons gegrap daai aand. Gaan jou bitter baie mis, maar jy is by pappa en ouma. Rus sag, my seun.”