KWAZULU-NATAL. – ’n Video waarin ’n boer na bewering ’n 17-jarige op sy plaas doodgeskiet het, is sedert sy inhegtenisneming onder Suid-Afrikaners versprei. Die 68-jarige boer is sedert verlede week Donderdag agter tralies.
Die video, van net meer as een minuut, begin waar ‘n groep jongmense ‘n boer by sy koeie benader. Dit speel na bewering af op die plaas Uithoek, buite Glenchoe. Dit lyk asof daar eers ‘n woordewisseling tussen die groep en die boer ontstaan waarna ‘n bakleiery uitbreek. ‘n Skoot word dan gehoor.
Tydens die bakleiery wil dit voorkom asof hulle na die boer se vuurwapen, wat hy sedert die begin van die video vashou, gryp. In die video kan ‘n tweede skoot wat afgaan gehoor word. Een van die groeplede val dan op die grond neer.
Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.
Die boer, Garth Millen Simpson (68), is sedert in hegtenis geneem op aanklag van die moord op Qiniso Dlamini (17). Hy sal op 6 Oktober in die Glencoe-landdroshof verskyn.
Die video is in FiNDiT se besit.
LEES OOK: Boksburg aan die gons oor tiere op erf langs kleuterskool
LEES OOK: Babatjie toegedraai in asblik op dorp gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



