Boer Garth nóg ‘n week agter tralies na skietery op plaas

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Boer, Garth Millen Simpson (68), gaan minstens nóg ‘n week agter tralies wees nadat sy borgtogaansoek Donderdag uitgestel is.

Simpson, ‘n boer van die plaas Uithoek buite Glencoe, het gehoor hy moet op 21 Oktober weer in die hof verskyn.

Boer Garth verskyn weer

Die boer is in hegtenis geneem nadat ‘n 17-jarige tydens ‘n struweling doodgeskiet is. Die voorval is op video vasgelê. (Klik hier.) Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het aan FiND iT bevestig die video van die voorval is met Simpson se vorige hofverskyning in die hof gewys.

LEES OOK: Glencoe-boer stééds agter tralies, nog klagtes bygelas

LEES OOK: SKERMGREPE: 17-jarige deur boer doodgeskiet

LEES OOK: Video waarin boer glo 17-jarige doodgeskiet, versprei soos veldbrand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.