BRAAIDAG VIR BRANDE DIE NAWEEK

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die naweek is jou kans om iets lekker te doen, maar wat ook vir ’n goeie doel is. Maak seker jy loop nie die Braaidag ten bate van boere wat deur die onlangse brande in die Kimberley en Ritchie-area geaffekteer is, Saterdag 16 Oktober 2021 mis nie!

Sakelui van Kimberley in die Noord-Kaap het oudergewoonte hand in eie boesem gesteek om die dag te laat gebeur.

Reggie Swanepoel, plaaslike kunstenaar, het met die inisiatief gekom en reeds ’n handvol kunstenaars betrek wat die dag in ’n feestelike atmosfeer sal omskep.

“Vleissentraal is ons hoofborg en hoe dan nou anders? Jason Burger, bestuurder van Vleissentraal, het nie gehuiwer om betrokke te raak nie en hulle is self aktief betrokke om die dag suksesvol te maak.”

Reggie sê hy het gevoel hy moet iets doen nadat die brande die hele Kimberley en omliggende areas in dorre, swart aarde omskep het. “Ek het net ingespring en dit begin aanmekaarsit. Nou het dit gegroei tot iets groots. Ander mense kan finansieel bydra. Dis maar hoe ons dinge doen – elke persoon help en ons weet hoe belangrik ons boerderygemeenskap is.”

“Ons verstaan die geweldige druk waaronder sommige kliënte nou gebuk gaan en hierdie is ’n geleentheid vir ons om hulle by te staan,” sê Burger. “Al die fondse word net so aan die boere wat deur die brande geraak word geskenk en daar is reeds ’n komitee gestig onder leiding van Daan Liversage Geoktrooieerde Rekenmeesters wat die fondse se deursigtigheid behartig,” voeg Burger by.

Buiten al die kosstalletjies met heerlike disse wat te koop aangebied gaan word, asook braaiers wat die hele dag vir jou sal vleis braai en ‘n springkasteel vir kinders, sal meer as agt kunstenaars deur die loop van die dag optree. Die hoogtepunt is beslis Jan Rhaap wat goedgunstig ingestem het om te help.

As deel van die fondsinsamelingsaksie sal jagpakkette en ander pryse op ’n veiling aangebied word. Kleiner pryse en gelukkige trekkings vorm ook deel van die dag.

Die BRAAIDAG VIR BRANDE-aksie versoek alle besighede, nie net in Kimberley nie, om betrokke te raak.

“Die boere in ons gemeenskap is baie hard geraak deur die tragedie en voer vir hulle diere is ’n geweldige groot behoefte,” sê Reggie.

Om betrokke te raak by die dag kan daar met Reggie Swanepoel by 082 682 2215 geskakel word of met Jason Burger by 083 263 9347.

Plek: DIGGIES Pub & Grill

Tyd: 12:00 – 23:00

Toegang: R50 p.p.

Die bankbesonderhede vir bydraes is soos volg. Daan Liversage en Mariana Coetzee hanteer die rekening.

𝗕𝗼𝗲𝗿𝗲 𝗯𝗿𝗮𝗻𝗱𝗳𝗼𝗻𝗱𝘀

𝗡𝗣𝗢: 𝟯𝟮𝟬𝟭𝟳

Nedbank

Rekeningnommer: 9019916228

Rekeningtipe: Spaar

Takkode: 198765

Sluit ook hier aan by die Whatsapp-groep.

Hier is die borge:

  • Flash Safaris
  • Morné Maritz
  • Plastic Packaging
  • Wouter de Villiers
  • Overland Liquor
  • SAB
  • Halewood
  • Oranjerivier
  • KWV
  • Boshof-slagpale
  • Helicon Wild
  • Van Zyl Vleis
  • Gert Swanepoel
  • Leslie Carbutt
  • Johan Stassen
  • Koki’s Meat Market
  • Leon Voster
  • M&A Vleis Groothandel CC
  • CQ Lewende Hawe
  • PA Jansen
  • Lenmed-hospitaal
  • Engine Oil Centre
  • Finishing Touch