Daar is genoeg geld ingesamel om vir Rusty, Ellen Fritz se oulike boerboel-teef en “gidshond”, se operasie te betaal.
Lees die vorige berig hier.
Sunette Niemann, ‘n vriendin van Fritz, sê ‘n lieflike dame, Johanna, het die volle bedrag om vir Rusty se operasie te betaal, gedek.
“Ons wil bet dankie sê aan Kimberliete wat altyd bereid is om te help waar daar nood is. Rusty is nou veilig en sy kan weer haar mamma se kamma-gidshond wees.”
Niemann sê Rusty het ‘n wonderlike instink om haar mamma te help waar nodig, al is sy nie ‘n opgeleide gidshond nie.



