OOS-KAAP. – Die Maclear-speurders versoek die gemeenskap se hulp om ‘n liggaam van ‘n onbekende jongman, vermoedelik tussen 20 en 27 jaar oud, te identifiseer.
“Die liggaam van die jongman is op 13 Oktober 2021 omstreeks 07:00 langs die pad tussen Maclear en Tsolo by die Mbhidlane-afdraai gevind. Met verdere ondersoek is gevind dat die oorledene ‘n oop wond aan sy nek opgedoen het,” sê kapt. Roelofse.
Die oorledene het blou jeans, swart en wit tekkies, ‘n blou overall en ‘n donker baadjie aangehad. Enigiemand wat die Maclear-speurders kan help om die persoon te identifiseer of inligting het oor wat gebeur het, kan gerus sers. Tshetsha by 045 932 1297 of 082 44 22 778 kontak.
LEES OOK: Boer Garth nóg ‘n week agter tralies na skietery op plaas
LEES OOK: Dickason-vrou gaan onskuldig pleit na dood van drie sussies
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



