January 26, 2022

Dickason-vrou gaan onskuldig pleit na dood van drie sussies

Sy is sedert haar eerste hofverskyning vir psigiatriese evaluasie gestuur.

Dickason-vrou gaan onskuldig pleit na dood van drie sussies

Dickason-vrou gaan onskuldig pleit na dood van drie sussies Foto: Facebook

NIEU-SEELAND. – Lauren Dickason (40), die ma wat teregstaan op die moord van die drie Suid-Afrikaanse sussies, gaan onskuldig in die hof pleit.

Volgens The NZ Herald, ‘n Nieu-Seelandse koerant, sou Dickason net na 09:00 in die hooggeregshof in Christchurch verskyn, maar voel sy nogsteeds “ongesteld”. Sy was dus nie teenwoordig nie.

Dickason bly dus in die eenheid vir forensiese geestesgesondheid in die Hillmorton-hospitaal. Sy sal hier gehou word tot haar toestand verbeter of tot haar verhoor in Maart 2022 begin.

Sy is sedert haar eerste hofverskyning vir psigiatriese evaluasie gestuur. Regter Cameron Mander het aan advokaat Kerryn Beaton gesê omdat Dickason nie die verrigtinge kon bywoon nie, die beskuldigde ‘n skriftelike kennisgewing onderteken sodat die advokaat namens haar die onskuldige pleidooi kan voer.

Die ma staan tereg op drie aanklagte van moord na die dood van Liané (6), Karla (2) en Maya (2).

Die verhoor vind in Maart 2023 plaas. Die saak sal op op 17 Desember hersien word.

LEES OOK: Dickason-vrou: weer vir evaluasie gestuur, saak uitgestel

LEES OOK: Ma wat glo drie sussies in NS vermoor, verskyn wéér

LEES OOK: KYK: ‘Ek het haar klaar vergewe,’ sê dokter na sy vrou glo kinders vermoor

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.