NIEU-SEELAND. – “Asseblief, bid ook vir my liewe Lauren. Ek glo dat sy ook ‘n slagoffer tydens die voorval is. Mense wat haar goed ken, sal daarvan getuig. Ek het haar klaar vergewe en ek moedig julle aan om op julle eie tyd haar ook te vergewe. Dit is die sleutel tot genesing tydens die groot verlies.”
Dit was Graham Dickason se woorde in ‘n brief wat tydens ‘n blommelegging, wat deur die nag buite die Dickason-familie se huis gedoen is, voorgelees is. Die nagwaak waar blomme neergelê is en kerse gebrand is, is gedoen om die drie meisies, Liane, Carla en Maya, wat dood deur hulle pa gevind is, se lewens te herdenk.
Mense het selfs plakkate vasgehou met die oorlede sussies se gesigte op.
Graham vergewe vrou na sy glo kinders in NZ vermoor
Die brief is deur ‘n kapelaan wat homself aan die begin van die video voorgestel het, gelees. In die brief sê hy dat hy opreg almal se ondersteuning regoor Nieu-Seeland en Suid-Afrika waardeer.
“Hierdie verlies gaan ek vir die res van my lewe moet saamdra.”
Die liedjie, Raise Halleluja, is ook deur ‘n groep voor die huis gespeel. Graham het die lied aan sy dogtertjies opgedra.
Klik hier om na die regstreekste uitsending te kyk.
LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof
LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



