Vrystaat-student dood, twee ander in hospitaal na ‘roof’

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Een student aan die Universitiet van die Vrystaat is dood en twee ander, ook van die universiteit, is kritiek in die hospitaal nadat hulle Woensdagoggend na bewering beroof was. Die vierde student wat tydens die voorval dood is, was ‘n student aan die TVET-kollege.

“Die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat is geskok oor die dood van sy student. ‘n Groep studente van die Qwaqwa-kampus was Woensdag in die vroeë oggendure in Phuthaditjhaba by ‘n sinnelose aanval betrokke. Dit het gelei het tot die dood van een UV-student, met twee in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Die voorval word deur die polisie ondersoek,” het die universiteit in ‘n verklaring gesê.

Student dood

In die verklaring word daar verder gesê dat die bestuur van die Qwaqwa-kampus in kontak is met die familielede. Ondersteuning word ook aan die betrokke gesinne gegee.

“Die universiteitsbestuur betuig sy innige meegevoel aan die families en vriende van die studente en wens hulle sterkte toe in hierdie moeilike tyd en sal hulle soveel as moontlik ondersteun. Die universiteitsbestuur is ook in kontak met die families van die twee studente in die hospitaal en hoop dat hulle toestand binnekort sal verbeter.”

LEES OOK: Tweeling (2) dood na hulle ‘per ongeluk’ in motor vergeet is

LEES OOK: Klein Isabella het haar engelvlerkies gekry

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.