Student dood langs bed gevind na hy eksamen misloop

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ‘n Student (20) aan die Universiteit van die Vrystaat is dood langs sy bed in sy koshuiskamer gevind nadat ‘n mede-leerling bekommerd geraak het omdat hy sy eksamen misgeloop het.

“Daar word beweer dat ‘n vriend bekommerd geraak het oor Wonder Emmanuel Dlamini toe hy besef dat die oorledene nie by die eksamenlokaal was om sy eksamen af te lê nie. Die vriend het die koshuishoof ingelig,” sê Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder.

Student dood in kamer gevind

Die oorledene se kamer is die oggend tussen 08:00 en 09:00 oopgemaak en Dlamini is met sy rug op die vloer langs sy bed, met bloed in sy neus, gevind.

“Sy naasbestaandes is reeds in kennis gestel.”

“Die universiteitsbestuur betuig sy innige meegevoel aan die familie en vriende van die student en wens hulle sterkte toe in hierdie moeilike tyd, en sal hulle soveel as moontlik ondersteun,” het die universiteit in ‘n verklaring gesê.

LEES OOK: Tweeling (2) dood na hulle ‘per ongeluk’ in motor vergeet is

LEES OOK: Klein Isabella het haar engelvlerkies gekry

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.