Klein Isabella het haar engelvlerkies gekry

Deel hierdie storie / Share this story

ERMELO. – Isabella Stark, een jaar oud, wat in ‘n mediese koma was nadat sy verlede Maandagoggend geval en aan ‘n fyn gedrukte stukkie neut verstik het, het vandag haar engelvlerkies gekry.

“God het ons geseën met ‘n engel, haar naam was Isabella. Sy het ons verlaat en is nou by Jesus. Ons was geseënd om haar vir 15 maande in ons lewe te hê. Ons het elke oomblik geniet om te sien hoe baie lewens sy aangeraak het en liefgehad. Nou is sy in die hemel as ‘n engel en waak oor ons. Sy hou ons veilig en sê dankie vir almal wat gebid het of ‘n bydrae gelewer het,” skryf Joshau Stark, Isabella se pa, op Facebook. Die inskrywing is ook op Isabella se Facebook-groep gedeel.

Isabella kry week na ongeluk engelvlerkies

Athol Stark, woordvoerder van die familie, vertel van die fratsongeluk wat gelei het daartoe dat die hele familie se wêreld omvergegooi is.

Isabella het die oggend in die huis gesit en klein stukkies neute geëet. Dit is nie die eerste keer wat sy aan stukkies neute peusel nie en is altyd onder toesig wanneer sy eet. “Die betrokke dag het Isabella net haar vingertjies is haar mond gesteek met stukkies neute toe sy val. Soos enige ander kind het sy haar asem teruggetrek om te huil. Dis toe sy aan die neut verstik het.”

Athol vertel hy het sy vinger in haar keel gedruk met die hoop dat sy die stukkie neut wat moontlik vassit sou opbring. Na ‘n minuut se gesukkel het hy CPR begin toepas.

“Joshua, Isabella se pa wat by die werk was, is dadelik gekontak. Hy het vlak drie in noodhulp. Binne minute was hy by ons en hy het die CPR oorgeneem.”

LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan fyn gedrukte neut verstik

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.