Pfizer Inc. en BioNTech SE het vandag in ‘n verklaring gesê kinders van vyf tot 10 jaar oud wat aan kliniese proewe deelgeneem het, het bewys die entstof is veilig en het neutraliserende teenliggaampies getoon.
Die genoemde maatskappye beplan om hierdie data so gou as moontlik by die FDA, EMA en ander regulerende agentskappe regoor die wêreld in te dien. Hierdie was die tweede gedeelte (Fase 2/3) van die drie fase kliniese proewe wat op die kinders gedoen word.
Entstof veilig vir kinders na proeftydperk
“Die afgelope nege maande het honderde miljoene kinders van 12 jaar en ouer van regoor die wêreld ons Covid-19-entstof ontvang.”
“Die veiligheidsprofiel en immunogeniese data by kinders van 5 tot 11 jaar wat teen ‘n laer dosis ingeënt is, stem ooreen met dié wat ons met ons entstof by ‘n hoër dosis by ander ouer mense waargeneem het,” het dr. Ugur Sahin, uitvoerende hoof en medestigter van BioNTech, gesê
In Fase 2/3 het 2 268 kinders van 6 maande tot 11 jaar oud aan die kliniese proewe deelgeneem en ‘n dosis van 10 mikrogram is via twee dosisse toegedien.
LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof
LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



