Die drie jong sussies, Karla (3), Maya (3) en Liane (7), is moontlik vermoor nadat hulle gesin ‘n week gelede uit isolasie gekom het. Die gesin het in Augustus uit Pretoria na Timaru geëmigreer.
Volgens plaaslik media, Stuff, is ’n 40-jarige vrou Vrydag van drie kinders se moord aangekla en sal Saterdagoggend in die Timaru-distrikshof verskyn. “Die polisie wil die gemeenskap gerusstel dat dit ‘n tragiese, geïsoleerde voorval was en ons soek geen ander verdagtes nie,” het inspekteur Scott Anderson in ‘n verklaring aan Stuff gesê.
Oorsaak van drie jong sussies se dood nog nie bekend nie
Volgens berigte het Graham Dickason, die beskuldigde se man, Donderdagaand by die huis aangekom en die drie meisies se liggame gevind. Hy het begin skree en die bure het kom ondersoek instel.
Die 40-jarige vrou, wat ook op die toneel was, is na die Timaru-hospitaal vir behandeling geneem. Sy is in ‘n stabiele toestand, berig Nieu-Seeland Herald. Daar is nie bekendgemaak of die ouers, albei dokters, gewerk het in Timaru nie.
Die oorsaak van die drie jong sussies se dood is nog nie bekend gemaak nie. ’n Saak van moord word deur die polisieondersoek.
LEES OOK: Pa onthoof dogter (3), sit res van liggaam in boom
LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan stukkie neut verstik
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



