GQEBERHA – Die liggaam van ‘n 28-jarige man wat laas op 14 September gesien is, is gisteraand diep in die bosse aan ‘n boom opgehang gevind.
Daar word beweer dat gemeenskapslede op 16 September 2021 omstreeks 16:00 na bosmedisyne gesoek het toe hulle Abongile Rungqu aan ‘n boom sien hang het. Die polisie is later die aand in kennis gestel. Sy liggaam is positief deur sy pa geïdentifiseer. ‘n Saak is by die polisie aanhangig gemaak.
Volgens Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, is Rungqu laas deur sy pa by sy tannie se huis in Booysenspark gesien. Rungqu het by sy tannie gewoon. Sy pa beweer dat hy sy seun op 13 September om 12:00 besoek het toe hy gehoor het dat hy glo seldoodneigings toon.
“Sy pa het met sy seun gepraat wat na bewering belowe het om dieselfde dag dokter toe te gaan. Dieselfde aand omstreeks 18:00 is die pa ingelig Rungqu het ‘n briefie agtergelaat waarin hy sê hy gaan kerk toe. Omstreeks 20:00 het Abongile glo sy ma gebel en haar meegedeel dat hy in die bosse tussen St Albans en Booysenspark rondloop. Hy het belowe om huis toe te gaan, maar het nooit.”
LEES OOK: Pa onthoof dogter (3), sit res van liggaam in boom
LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan stukkie neut verstik
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



