Pa onthoof dogter (3), sit res van liggaam in boom

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Pa, Musi Hlatshwayo (24), is 25 jaar gevangenisstraf opgelê nadat hy sy driejarige dogter vermoor en onthoof het.

Op 24 Januarie 2017 is die dogter, Siphesihle Ndlovu, deur haar ouma by haar pa gelaat om haar na die voorskoolse skool te neem.

“Die pa het sy dogter vermoor en toe onthoof. Hy het haar kop in ‘n rivier gegooi en haar liggaam op ‘n boomstam in ‘n boom gesit,” sê lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.

Pa onthoof 3-jarige dogter

Die kind is later as vermis by die polisie aangemeld. ‘n Soektog is begin waarna die lyk ná vyf dae in ‘n oop veld gevind is. Die polisie het die pa opgespoor en in hegtenis geneem.

“Ons wens die speurder geluk met die harde werk en deeglike ondersoek wat gelei het tot die suksesvolle skuldigbevinding van die beskuldigde. Die bekamping van misdaad wat teen vroue en kinders gepleeg word, bly bo-aan die lys van prioriteite by die Gauteng-polisie. Ons is verheug oor hierdie suksesvolle skuldigbevinding en glo dit sal ‘n sterk boodskap stuur aan diegene wat kinders mishandel,” het lt.genl. Elias Mawela gesê.

LEES OOK: Man wat sy vrou vermoor, vertel sy het saam met kêrel weggeloop

LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan stukkie neut verstik

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.