Die Suid-Afrikaanse ma wat glo haar drie kinders in Nieu-Seeland vermoor het, het vanoggend “kalm gelyk met haar arms voor haar bors gevou” toe sy in die hof verskyn het.
Lauren Dickason (40) word van moord aangekla nadat haar man, Graham, hulle drie dogters Donderdagaand dood in hulle huis gevind het.
Ma vermoor glo drie kinders
Lees meer hier.
Volgens Stuff (‘n koerant in Nieu-Seeland) het regter Dravitzki beveel dat die 40-jarige vrou na die Hillmorton-hospitaal, Christchurch, teruggeneem word vir ‘n psigiatriese ondersoek.
Sy sal weer op 5 Oktober in die hooggeregshof in Timaru verskyn.
LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



