Ma hoofverdagte na drie sussies in NZ vermoor is

Deel hierdie storie / Share this story

NIEU-SEELAND. – Die Suid-Afrikaanse ma van die drie blonde dogtertjies wat Donderdagaand dood deur hulle pa gevind is, is volgens die plaaslike polisie die hoofverdagte en geen ander verdagtes word gesoek nie.

Die familie het in Augustus na Nieu-Seeland geëmigreer. Albei die ouers is dokters.

Ma, hoofverdagte, in hospitaal

“Die polisie wil die gemeenskap gerusstel dat dit ‘n tragiese, geïsoleerde voorval was en ons soek geen ander verdagtes nie,” het inspekteur Scott Anderson in ‘n verklaring aan Stuff gesê. Die 40-jarige ma, wat ook op die toneel gevind is, is sedertdien in Timaru-hospitaal opgeneem en is stabiel.

Die oorsaak van die drie sussies, Karla (3), Maya (3) en Liane (7), se dood is nie bekendgemaak nie. Die ma sal Saterdagoggend in die Timaru-distrikshof verskyn.

LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.