Hardus van der Merwe (16), leerling van Hoërskool Diamantveld, is gekies om aan die jeug-wêreldkampioenskap in Alexandrië Egipte vanaf 13 tot 19 September 2021 deel te neem.
Hy was die SA-seuns o/17 tetrathlon-kampioen in Maart 2021.
Hardus woon op Modderrivier, maar bly in die week in die koshuis.
Die jeug-wêreldkampioenskap is soos ’n mini-Olimpiese Spele wat ’n kombinasie van swem, skerm, hardloop en skiet is. Altesaam 130 jong toekomstige Olimpiese atlete van 24 lande neem aan die kompetisie deel.
Hardus neem in o/19 deel, al is hy net 16 jaar oud, omdat hy so goed is in skerm.
Hardus is een van die jongste deelnemers en vandag vind die individuele halfeindronde vir mans o/19 plaas, wat die grootste dag in sy sportloopbaan sover is.



LEES OOK: Raadslede van verskillende partye vat hande om probleme uit te sorteer
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



