Raadslede van verskillende partye vat hande om probleme uit te sorteer

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Herbert Japhta, DA-raadslid en Rashad Jaffer, PA-raadslid, het gister in Floors hande gevat om probleme uit te sorteer.

Daar het ongelukkigheid ontstaan nadat kontrakteurs wat Wi-Fi in die gebied installeer, werkers van buite gebruik en nie werklose mense van die gebied aanstel om die projek te voltooi nie.

Die raadslede het gister met die kontrakteurs ontmoet en aangedring daarop dat werklose mense in die gebied ’n geleentheid gegee word om te werk, ’n dagloon te ontvang en sodoende kos op die tafel te sit.

Die werklose inwoners het in Communityweg, waar daar aan die projek gewerk word, bymekaargekom in die hoop om ’n geleentheid gebied te word.

Die raadslede het met die kontrakteurs ooreengekom en 20 werklose mense van die area begin vandag aan die projek werk.

Verder het die raadslede gesê hulle verwelkom die projek en sien uit daarna dat minderbevoorregte kinders nou toegang to Wi-Fi gaan hê om hulle skooltake te voltooi.

Kyk hier na die video van die raadslede:

LEES OOK: Kimberley Online Co. 17 September 2021

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.