KWAZULU-NATAL. – ‘n Ma (59) was in haar slaapkamer vasgekeer en haar 16-jarige seun is dood toe ‘n struktuur op die huis waarin hulle was, ineengestort het.
Reaction Unit South Africa se verklaring lui inwoners het gisteraand omstreeks 22:56 RUSA ontbied nadat ‘n struktuur op ‘n huis ineengestort het.
Seun dood
“Dit is bevestig dat die gesin geslaap het toe die muur ineengestort het. ‘n Groot deel van die muur het deur die dak geval en die tiener in sy bed platgedruk terwyl sy ma in haar slaapkamer vasgekeer was,” lui die verklaring verder.
Daar word verder berig die slagoffer se ouer broer het RUSA-lede in kennis gestel dat hy ten tyde van die voorval in die koshuis was. Nooddienste het tot laat gesukkel om die ma uit die slaapkamer te bevry. Dit is nog nie bekendgemaak of sy die voorval oorleef het nie.
LEES OOK: Pa onthoof dogter (3), sit res van liggaam in boom
LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan stukkie neut verstik
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



