GAUTENG. – ‘n Polisiebeampte en sy medepligtige is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering by die onwettige handel in renosterhorings betrokke was.
Daar word beweer dat ‘n 53-jarige adjudant-offisier en sy 39-jarige vroulike medepligtige na bewering in Mei 2019 ‘n besending in ‘n pakhuis by Pomona afgelaai het. Hulle het glo beweer dat die pakkie wyn bevat. Die Valke se ondersoekspan wat op bedreigde spesies fokus, is oor die verdagte pakkie ingelig.
“Met hulle aankoms by die pakhuis het die owerhede die houtkrat met ‘wyn’ deursoek en na bewering dertig renosterhorings gevind wat in plastiek toegedraai onderin die krat versteek was. Die krat met die inhoud daarvan is na die forensiese dienste vir ontleding geneem. Verdere ondersoek het daartoe gelei dat die polisiebeamptes in hegtenis geneem is,” sê kapt. Ndivhuwo Mulamu, polisiewoordvoerder.
Die verdagtes sal teregstaan op aanklagte van onwettige handel in renosterhorings en die oortreding van die Doeane- en Aksynswet. Meer inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word namate die ondersoek voortgaan nie.
LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood
LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan stukkie neut verstik
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



