Tweeling (2) dood na hulle ‘per ongeluk’ in motor vergeet is

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ondersoek na die dood van die jong tweeling, 20 maande oud, wat ‘n hele dag in ‘n warm motor gelaat is, het aan die lig gebring dat die voorval ‘n ongeluk was en niemand sal vervolg word nie.

Die tweelingseuns, Bryson and Brayden McDaniel, is vroëer die maand dood in ‘n motor in die parkeerterrein van ‘n dagsorgsentrum suid van Carolina gevind. Die seuns is vir ongeveer nege ure per ongeluk in die motor vergeet.

Tweeling dood verklaar na hulle vir nege ure in motor was

Daar word beweer die tweeling is om 07:30 in die voertuig gelaai om skool toe geneem te word. Hulle was in die agterste motorsitplekke. Die pa het vergeet om die kinders die betrokke oggend by die dagsorgsentrum af te laai en het gaan werk. Na werk is hy weer na die dagsorgsentrum, waar hy veronderstel was om hulle weer op te laai. Die personeel by die dagsorg het die pa ingelig die kinders is nooit by die sentrum afgelaai nie. Dit is toe die pa die ontdekking maak dat hy nooit die kinders afgelaai het nie en in die motor vergeet het.

Die polisie wat met die saak werk, het aan verskeie media gesê die pa het regtig geglo hy het die twee seuns by die dagsorg afgelaai. Volgens die polisie is daar geen twyfel daaraan nie.

Daar word ook berig dat tydens die voorval was die pa glo onder geweldige stres by die werk.

LEES OOK: ‘Isabella, dit was ‘n voorreg om jou oupa te wees’

LEES OOK: Klein Isabella het haar engelvlerkies gekry

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.