‘Isabella, dit was ‘n voorreg om jou oupa te wees’

Deel hierdie storie / Share this story

ERMELO. – “Isabella, dit was ‘n voorreg om jou oupa te wees. Om weer jou hand te kon vashou en jou te vertel hoe lief ons jou het. Ons sal jou manier waarop jy ons die hele tyd laat lag het, mis. Ons sal jou vir die res van ons lewens onthou. Totsiens my skat.”

Dis die woorde van ‘n hartseer oupa, Athol Stark, nadat Isabella (1), ‘n week nadat sy aan ‘n fyngedrukte stukkie neut verstik het, oorlede is.

Isabella was vir ‘n tyd na ‘n operasie om klein stukkies neut uit haar longe te verwyder in ‘n mediese koma. Tydens die mediese koma was haar liggaamstemperatuur baie laag gehou. Vrydag het die dokter haar begin wakker maak en haar liggaamstemperatuur weer na normaal begin bring. Sy is toe Maandag oorlede.

VOLG ISABELLA SE STORIE OP FACEBOOK HIER.

Athol, ook woordvoerder van die familie, vertel van die fratsongeluk wat gelei het daartoe dat die hele familie se wêreld omvergegooi is.

Isabella het die oggend in die huis gesit en klein stukkies neute geëet. Dit is nie die eerste keer wat sy aan stukkies neute gepeusel het nie en is altyd onder toesig wanneer sy eet. “Die betrokke dag het Isabella net haar vingertjies met stukkies neut in haar mond gesteek toe sy val. Soos enige ander kind het sy haar asem teruggetrek om te huil. Dis toe sy aan die neut verstik het.”

Athol vertel hy het sy vinger in haar keel gedruk met die hoop dat sy die stukkie neut wat moontlik vassit sou opbring. Na ‘n minuut se gesukkel het hy CPR begin toepas.

“Joshua, Isabella se pa wat by die werk was, is dadelik gekontak. Hy het vlak drie in noodhulp. Binne minute was hy by ons en hy het die CPR oorgeneem.”

LEES OOK: Klein Isabella het haar engelvlerkies gekry

LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan fyn gedrukte neut verstik

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.