Magersfontein-markdag vind die naweek plaas

Deel hierdie storie / Share this story

Magersfontein se markdag vind Saterdag 25 September 2021 vanaf 09:00 tot 16:00 by Magersfontein Memorial Golf Estate plaas.

Toegang is gratis en jy kan uitsien na meer as 60 stalletjies.

Daar gaan ’n live DJ wees wat vermaak sal bied, sowel as ’n springkasteel en ’n glybaan vir kinders. Die bloedbank gaan ook ’n stalletjie beskikbaar hê vir mense wat graag wil bloed skenk.

Hier is van die stalletjies waarna jy kan uitsien:

  • Gin bar
  • SAB-biertent
  • Juwele
  • Klere
  • Skoene
  • Geskenke
  • Gebak
  • Albums
  • ’n Leerwarestalletjie (belde, handsakke ensovoorts)
  • Speelgoed
  • Babagoed
  • Lazer cutting
  • Speserye en souse

Vir navrae skakel 082 934 7117 of besoek die webtuiste hier.