LUR geskok na pa glo jare seksuele verhouding met dogter het

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Nonhlanhla Khoza, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, is geskok en teleurgesteld na ‘n pa (52) na bewering al vir jare ‘n seksuele verhouding met sy biologiese dogter het.

In die nuutste verklaring deur die departement het Khoza die vinnige optrede van die polisie, wat gelei het tot die inhegtenisneming van die man, geprys. “Gister het die polisie op Bulwer, suidelike KwaZulu-Natal, die 52-jarige man by sy werkplek opgespoor nadat sy dogter ‘n saak geopen het.

Khoza het ‘n span maatskaplike werkers gestuur om die slagoffer en haar gesin te ontmoet. Daar word beweer dat die meisie deur die jare ‘n seksuele verhouding met haar biologiese pa gehad het.

“Die span maatskaplike werkers het ure lank met die 21-jarige slagoffer gesels. Na ‘n interaksie met die maatskaplike werkers, het die slagoffer besluit om na die polisiekantoor te gaan om ‘n saak van verkragting teen haar pa te open. Die slagoffer is onmiddellik na ‘n veilige skuiling geneem toe die maatskaplike werkers sielkundige ondersteuning aan haar begin bied het.”

Daar word berig die verhouding het glo begin toe die slagoffer slegs 12 jaar oud was.

LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof

LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.