KWAZULU-NATAL. – Drie mense is dood nadat twee motors vanoggend in ‘n tromp-op botsing betrokke was en een van die motors aan die brand geslaan het.
Arrive Alive sê in ‘n verklaring ambulansdienste het vanoggend gereageer op ‘n botsing op die R61 by die Ramsgate-afrit. Toe nooddienste opdaag, het hulle gevind dat twee voertuie in ‘n tromp-op botsing betrokke was, wat veroorsaak het dat een van die voertuie aan die brand geraak het.
As gevolg van die omvang van die skade aan die voertuie, moes reddingsdienste gespesialiseerde reddingskake gebruik om die insittendes uit die voertuie te bevry. Al drie insittendes het noodlottige beserings opgedoen.
Die oorsaak van die botsing is nie bekend nie, maar die polisie ondersoek die voorval.
LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



