Voormalige werker steel glo hospitaalmasjien, verpand dit

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Speurders van Chatsworth het ‘n voormalige hospitaalwerker (27) in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n dialisemasjien uit ‘n plaaslike hospitaal gesteel het.

“Daar word beweer dat die verdagte op die betrokke dag na ‘n hospitaal gegaan het waar hy ‘n masjien sonder toestemming verwyder het. Hy het glo daarna die masjien in ruil vir geld verpand,” het kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, gesê.

Werker steel glo masjien

Nadat hy ‘n maand lank deur die polisie gesoek is, is die verdagte in die Shallcross-omgewing in Chatsworth deur polisielede in hegtenis geneem. Verdere ondersoeke het die polisie na ‘n eiendom in die gebied gelei waar hulle na bewering die dialisemasjien ter waarde van meer as R250 000 gevind het.

“Die masjien sal mettertyd aan die hospitaal terugbesorg word.”

LEES OOK: Ma sterf, pa en 4-jarige oorleef ongeluk

LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.