GAUTENG. – ‘n Ma, vermoedelik in haar veertigs, het gesterf en ‘n pa en hulle 4-jarige seun het ligte beserings opgedoen nadat die voertuig waarin hulle gery het, op die N12, ongeveer 3 km buite Fochville, omgeslaan het.
ER24 berig hulle voertuig, ‘n Mitsubishi-SUV, iso p 20 September langs die pad gevind. Die vrou is op die grond gevind, 5 m van die voertuig af. Sy het geen tekens van lewe getoon nie en is dood verklaar.
Ma sterf tydens ongeluk
Die 4-jarige seuntjie het langs die voertuig gesit en die bestuurder, die pa, het op die toneel rondgeloop. Albei het matige beserings opgedoen en is behandel en na die Carletonville- provinsiale hospitaal vir verdere sorg vervoer.
Die presiese oorsaak van die voorval is onbekend aan ER24.
LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



