NIEU-SEELAND. – Lauren Dickason (40), wat van die moord op die drie sussies, Karla (2), Maya (2) en Liane (6), aangekla word, het Dinsdagoggend weer in die hooggeregshof in Timaru verskyn.
Die moordsaak teen Lauren Dicason is weer uitgestel. Volgens The New Zealand Herald moet Dickason weer vir sielkundige evaluasie gestuur word. ‘n Forensiese psigiater is ook bespreek om haar die naweek te evalueer.
Dickason sal weer op 15 Oktober in die hooggesregshof verskyn. Sy moet nog pleit.
Karla, Maya en Liane Dickason is op die aand van 16 September deur Graham, hulle pa, in hulle nuwe woning in Timaru vermoor, gevind. Lauren Dickason het die eerste keer op 18 September in die hof verskyn.
LEES OOK: Ma wat glo drie sussies in NS vermoor, verskyn wéér
LEES OOK: KYK: ‘Ek het haar klaar vergewe,’ sê dokter na sy vrou glo kinders vermoor
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



