NIEU-SEELAND. – ‘n Ma, Lauren Dickason (40), wat van die moord op die drie sussies, Karla (2), Maya (2) en Liane (6), aangekla word, verskyn 5 Oktober weer in die hooggeregshof in Timaru.
Ma verskyn weer na twee weke
Lauren, haar man Graham en die drie kinders het in Augustus van Pretoria na Nieu-Seeland geëmigreer. Die gesin moes eers vir twee weke in isolasie bly voordat hulle hulle lewe in die nuwe land kon begin. Ongeveer ‘n week nadat hulle uit isolasie gekom het, is die sussies vermoor. Albei die ouers is dokters.
Lauren het twee weke gelede vir die eerste keer in die hooggeregshof verskyn. Sy is toe na die Hillmorton-hospitaal, Christchurch, teruggeneem vir ‘n psigiatriese ondersoek.
LEES OOK: KYK: ‘Ek het haar klaar vergewe,’ sê dokter na sy vrou glo kinders vermoor
LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof
LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



