‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

Sy vertel verder dat Papillon op 37 weke uitgehaal is omdat sy klein was en die dokter bang was sy tel te stadig gewig op.

‘Jesus was langs my bed’ - Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

‘Jesus was langs my bed’ - Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf Foto: Instagram

Hanna Grobler, die bekende Bok van Blerk se vrou, vertel openlik oor hulle dogter, Papillon Anna Pepler, se geboorte en hoe “Jesus langs haar bed kom sit het”.

Hulle babadogtertjie is op 21 September om 16:00 gebore.

“As gevolg van die stilgeboorte van ons seuntjie Louis raak almal angstig teen die einde van my swangerskappe. Die baba word aanhoudend gemonitor en soms vroeër uitgehaal,” begin Hanna haar Facebook-inskrywing.

Sy vertel verder dat Papillon op 37 weke uitgehaal is omdat sy klein was en die dokter bang was sy tel te stadig gewig op.

“My moederinstink het geweet sy is fine … en sy was. Maar ek was nie.”

Sy sê die betrokke oggend het sy gevoel dis dalk die laaste keer wat sy haar kindertjies sou sien. Sy het vir hulle briefies gelos om te sê sy is lief vir hulle.

“Tydens die keiser wou die spinaal nie werk nie en hulle was gedwing om vir my narkose te gee. Ek het gevoel Jesus kom sit langs my bed. Hy het niks gesê nie, net daar gesit en aan my hare gevat.”

Hanna het baie bloed verloor en kon nie asem kry nie

Toe die dokter haar oopsny, het sy gesien Hanna het placenta increta, ‘n lewensgevaarlike toestand waartydens ‘n vrou op die ou end kan doodbloei.

“Ons dogtertjie was lankal in haar pappa se arms in ‘n ander vertrek toe hulle nog moes veg vir my lewe.”

Sy vertel verder toe sy wakker skrik, kon sy nie asem kry nie. Die eerste woorde van die narkotiseur aan haar was: “ Ons moes veg vir jou lewe.”

“Ek het probeer sê ek kry nie asem nie, maar ek kon nie ‘n woord uitkry nie. Dit het gevoel of ek verdrink. Uiteindelik het die dokter dit besef en die masker op my gesig gesit.”

Hanna sê sy het liters bloed verloor, meer as wat mens nodig het om te kan oorleef.

“Maar Jesus het langs my bed gesit…en ek weet Hy het my lewe gered. Hoekom complicate ons Hom so? Geen raaisels of woorde. Geen dieper betekenis nie. Hy was net dáár, want God is LIEFDE.

Ons het die grootste geskenk gekry. ‘n Nuwe klein lewe en ‘n tweede kans vir my. As ek na my man en my kinders kyk, dan loop die trane. Ek is dankbaar!”

Hanna se inskrywing waar sy vertel van die geboorte:

LEES OOK: SKERMGREPE: 17-jarige deur boer doodgeskiet

LEES OOK: Video waarin boer glo 17-jarige doodgeskiet, versprei soos veldbrand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.