January 26, 2022

Glencoe-boer stééds agter tralies, nog klagtes bygelas

Dié aanklagte is deur Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, aan FiND iT bevestig.

Glencoe-boer stééds agter tralies, nog klagtes bygelas

Glencoe-boer stééds agter tralies, nog klagtes bygelas Foto: ABC News

KWAZULU-NATAL. – ‘n Boer van Glencoe, Garth Millen Simpson (68), wat gister in die hof verskyn het, word nou aangekla van moord asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Dié aanklagte is deur Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, aan FiND iT bevestig.

Boer van Glencoe verskyn dan weer

Ramkisson-Kara sê verder dat Simpson steeds in aanhouding is.

“Die saak was gister in die hof weens sy borgtogaansoek. Die saak is tot 14 Oktober uitgestel vir die voortsetting van die borgtogaansoek.”

Die video van die voorval wat gelei het tot die skietdood van die 17-jarige,, is ook gister in die hof gewys.

LEES OOK: SKERMGREPE: 17-jarige deur boer doodgeskiet

LEES OOK: Video waarin boer glo 17-jarige doodgeskiet, versprei soos veldbrand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.