Suid-Afrikaners in NS samel geld in vir Dickason-familie

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners wat in Timaru in Nieu-Seeland bly, het ‘n fondsinsameling begin om geld vir die Dickason-familie in te samel na die tragiese dood van hul drie dogtertjies.

Volgens die blad waarop die fondsinsameling geskep is, Give a little, is die fonds geskep ter herinnering aan die tweelingsusters Maya (2) en Karla (2) en Liane (6) jaar oud wat op die aand van 16 September 2021 in Timaru dood deur hulle pa gevind is.

Die fondse sal hoofsaaklik gebruik word vir:

  • begrafnisuitgawes vir die drie meisies.
  • reis- en verblyfkoste vir die gesin.
  • ondersteuning van die Dickason-familie.

“Beste Graham en Lauren, ek is hartseer vir julle albei. Ek bring ‘n “halleluja in die teenwoordigheid van my vyande op” so ‘n kragtige loflied! My gebede vir julle is dat God die beste moontlike uitkoms van hierdie tragedie vir julle sal meebring. Ek weet dat Hy dit sal doen. Psalm 34 vers 18. Die Here is naby die gebrokenes van hart en red die wat verslae is van gees. My liefde en gebede is saam met julle albei in hierdie tragiese tyd. Julle engeltjies is veilig in die arms van Jesus” skryf een persoon wat ‘n bydrae tot die fonds gelewer het.

LEES OOK: KYK: ‘Ek het haar klaar vergewe,’ sê dokter na sy vrou glo kinders vermoor

LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof

LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.