Polisie op soek na verdagtes in besigheidsrooftog

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie is tans op soek na vier verdagtes wat glo ‘n besigheid in Deal Party Saterdagaand beroof het.

Volgens die polisie was twee sekuriteitswagte Saterdagaand by die besigheid in Burmanstraat aan diens toe verdagtes met vuurwapens een van hulle gekonfronteer het. Die tweede wag was in die waghuis.

“Toe die tweede wag uitkom om patrollie te doen, is sy ook voorgekeer en vasgemaak.”

Die polisie sê twee van die verdagtes het glo die wagte opgepas terwyl ‘n vragmotor die perseel binnegekom het en bokse op die vragmotor begin laai het.”

Die verdagtes is glo daarna daar weg en die wagte kon die paniek-alarm aktiveer na hulle hulself kon loskry.

‘n Saak van besigheidsroof is oopgemaak.

Enigiemand met inligting, kan die polisie by 041 394 6243 of 08600 1011 kontak.

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se sesde uitgawe is hier

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.