Vitamien C, vir jouself

Deel hierdie storie / Share this story

Kyk, hier verwys ek nou nie na die tipe vitamien C wat jy in lemoene kry nie, want daarvan het ek hopeloos te min kennis. In hierdie geval verwys ek na die vitamien “Confidence”, wat seker een van die grootste vloekwoorde vir ons vroue is.

Ons visie by Posh Lab-salon is soos volg: “Empowering you, to bring out your true Inner Beauty, by Boosting your Confidence” en daarom wil ek graag so ‘n paar selfvertroue-opkikkerwenke met julle dames deel. Hoekom? Want ons verdien dit.

  1. Begin jou dag met ‘n voelgoed-liedjie wat jou en jou buurvrou se harte en voete laat dans. Sit hom sommer lekker kliphard.
  2. Sit vir jou ‘n mooi stel oorbelle aan.
  3. Smeer daai lippies met jou gunstelinglipstiffie.
  4. Gee vir jouself drie mooi komplimente, régte komplimente. Geen negatiwiteit nie, nè, die wereld het genoeg Suur-Susannas.
  5. Gee nou vir ‘n ander dame ook ‘n opregte kompliment, want as ons mekaar se krone regskuif, is daar nie tyd vir ons eie krone om af te val nie!
  6. Besit ten minste een stel onderklere in jou klerekas waarin jy fantasties voel.
  7. Ontdek weer jou selfoon se “selfie”-kamera, gaan sit buite op die gras en neem daai nuwe profielfoto.
  8. Verf jou toonnaels ‘n mooi voelgoed-kleur.
  9. Lag! Al lag jy vir jou eie simpel grappies, daai lag is die lekkerste lag.
  10. Onthou, ons kan nie gooi vanuit ‘n leë glas nie, so hou jou glas vol. Met wyn (of koffie), maar hou jou glas vol!

Sharlien Nel – Posh Lab Bloemfontein