Winkeleienaar voor vrou en baba doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

RITCHIE. – ’n Buitelandse winkeleienaar (28) is Saterdagaand voor sy vrou en 11 maande oue baba in ’n gewapende roof doodgeskiet.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê drie gewapende en gemaskerde mans het op 25 September 2021 omstreeks 19:00 die winkel binnegegaan.

“Die verdagtes het die eienaar en sy vrou met vuurwapens gedreig voordat hulle die gesin na ’n agterkamer geneem het en die man, vrou en baba vasgemaak het.”

Die oorledene is op die toneel doodgeskiet en die verdagtes het met ’n onbekende bedrag kontant gevlug. Die verdagtes het na bewering met ’n wit Ford Ranger-bakkie, wat ’n GP-registrasienommer het, gevlug.

Enigiemand met inligting oor die voorval, kan sers. Stefaans Mangate by 0609636397 skakel.

LEES OOK: Brande op Douglas-pad woed voort

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.