Brande op Douglas-pad woed voort

Deel hierdie storie / Share this story

HOPETOWN. – ’n Veldbrand wat Saterdag omstreeks 12:00 op die Douglas-pad na Hopetown vlam gevat het, woed steeds.

Paul van Niekerk, inwoner van Hopetown, sê die brand is tans 10 km van Hopetown af op die Douglas-grondpad. Inwoners en vrywilligers is tans besig om die brand te probeer bestry.

Van Niekerk sê die brand was gisteraand omstreeks 01:00 onder beheer, maar het rondom 04:00 weer opgevlam nadat die wind begin optel het.

Hy skat om en by 12 000 hektar het reeds gebrand.

Dringende hulp word op die grondpad tussen Hopetown en Douglas benodig.  

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

LEES OOK: Man in rolstoel en seun doodgeskiet