GQEBERHA. – ’n Man in ’n rolstoel en sy seun is Vrydagoggend omstreeks 0:35 in hulle huis doodgeskiet. Die polisie is nou op soek na die gewapende verdagtes.
Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer se vrou het van haar werk af teruggekeer na hulle woning in Masenganestraat, Zwide, toe sy ontdek haar man en seun is doodgeskiet.
Die motief vir die moorde moet nog vasgestel word.
Die slagoffers is as Mlamli Monakali (52) en Aphiwe Monakali (23) geïdentifiseer.
Enigiemand met inligting rakende die voorval, kan lt.kol. Willie Mayi by 082 697 5914 skakel.
LEES OOK: Agtjarige by stortingsterrein verkrag
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



