DOUGLAS. – ’n Agtjarige dogtertjie is Dinsdag verkrag toe sy en haar maatjies by ’n stortingsterrein in Breipaal gespeel het.
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer het saam met haar maats op Dinsdag 21 September 2021 naby ’n stortingsterrein in Breipal, Douglas, gespeel het toe die verdagte haar agtervolg, gegryp en verkrag het. Die slagoffer se vriende het daarin geslaag om weg te hardloop en die voorval by die ouers aan te meld.
Die verdagte is daarna opgespoor en in hegtenis geneem. Die verdagte sal na verwagting binnekort op aanklag van verkragting in die landdroshof op Douglas verskyn.
Die ondersoek duur voort.
LEES OOK: Besoekers hardloop weg vir olifante
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



