KRUGERWILDTUIN. – Besoekers aan die Kruger-wildtuin het ’n waardevolle les geleer om nie uit jou motor te klim nie, toe hulle vir ’n trop olifante moes weghardloop.
Die besoekers het gestop om wild te besigtig, toe ’n trop olifante, wat op pad was na die rivier toe, uit die bosse gekom het en die pad oorgesteek het.
Dié olifante was nie te beïndruk met die besoekers nie en het op hulle afgestorm.
Kyk hier na die video, deur Andre Schwab geneem, wat aan Latest Sightings gestuur is.



